April 2012 May 2012 June 2012
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 31
Nuwe Saal
 

Tuisblad

Die CVO Skool Potgietersrus het in 1994 tot stand gekom en is 'n geregistreerde privaatskool waar onderrig van Graad 1 tot Graad 12 in Afrikaans geskied. Die skool is lid van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO). Die BCVO beskik oor die enigste onafhanklike Afrikaanse, geregistreerde eksamen-liggaam in die land. Die kurrikulum word sodanig saamgestel dat dit nie net aan minimum statutêre kwaliteitsvereistes voldoen nie, maar ook met respek erken word deur die land se voorste hoër opvoedkundige inrigtings.

WAARDES
Geloof in God Drie-Enig
Ons glo in God met die wete dat Hy ons lewens rig en lei, en onderrig ons kinders om met ontsag en dankbaarheid God se skeppende en onderhoudende hand te sien.

Taal en Kultuur
Ons is trots Afrikaans en behoudend ten opsigte van kultuur en tradisies.

Integriteit
Ons is toegewyde mense wat opreg kommunikeer en ons woord trou gestand doen.

Respek
Ons respekteer ons medemens, moedig spanwerk aan en odersteun mekaar in die bereiking van ons doelwitte.

Prestasie
Ons streef daarna om potensiaal te ontwikkel en beproef voortdurend ons vermoë om by veranderende omstandighede aan te pas.